Soos Familie – Ena Jansen {Author's inscription}

Soos Familie – Ena Jansen {Author's inscription}

  • R 400.00
    Unit price per 
Tax included.


ISBN: 9781869199531

Publisher: Protea, 2016

Paperback, 574 pages

Soos Familie – Ena Jansen
Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Vanwee hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde.

Ongeveer tien jaar na die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek. Soos familie: Huiswerkers in Suid-Afrikaanse stadsboeke gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as ‘n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt 

gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs ‘n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het.

Soos familie is ‘n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ‘n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit ‘n groot deel van die twintigste eeu en daarna – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.