Pharos Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaanse Woordeboek Dictionary (Afrikaans, English)

Pharos Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaanse Woordeboek Dictionary (Afrikaans, English)

  • R 600.00
    Unit price per 
Tax included.


ISBN: 9781868901104

Pharos Dictionaries, September 2010

Hardcover, 1552 pages

Die herdruk van die Pharos Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaanse Woordeboek, wat vir die eerste keer in 2005 gepubliseer is, is vanaf Oktober 2010 beskikbaar. In hierdie herdruk is spesiale aandag daaraan gegee om, onder meer, tipografiese foute (inskrywing i.p.v. inksrywing), punktuasie, spasiëring, en blatante spelfoute (sinusitis i.p.v. sinusitus) te korrigeer, asook om verfynings van vertalings of kruisverwysings aan te bring (kikoejoe(gras) i.p.v. kikoejoegras).
In die woordeboek se ongeveer 5 000 kolomme word vertalings vir meer as 200 000 trefwoorde en meer as 120 000 frases en uitdrukkings gegee, nagenoeg die helfte hiervan is van Engels in Afrikaans en die ander helfte van Afrikaans in Engels.

Die byderwetse dekking van al die terreine van die mens se denke en leefwêreld, plus ’n magdom noukeurige vertalings, maak hierdie woordeboek ’n gesaghebbende en onontbeerlike naslaanbron vir skrywers, redakteurs, vertalers, tolke, onderwysers, studente en sakelui. kortom almal wat doeltreffend wil kommunikeer en hulself mondeling en skriftelik idiomaties korrek wil uitdruk.