'n Vurk in die pad by Andre P. Brink

'n Vurk in die pad by Andre P. Brink

  • R 220.00
    Unit price per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.


ISBN: 9780798149969

Human & Rosseau, 2009

480 pages, Hardcover 

Afrikaans

‘n Vurk in die Pad – André P. Brink

’n Memoir wat ’n blik gee op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans.

Hierdie memoir is, soos André Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte . . . om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het . . .”

Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe.