
Vrystaatse dorpe by Jan Van der Merwe
ISBN: 9780620545709
Jan van der Merwe, 2012
Hardcover, 608 pages
Vrystaatse Dorpe – Dr. Jan van der Merwe
**Feitlik onbekombaar skaars – ‘n omvattende dokumentering van die Vrystaatse ontstaansgeskiedenis**
NB: Notas oor die boek se toestand:
Voorste omslag en rugkant was losgeskeur van teksblok en is weer vasgeplak. Die eerste paar blaaie is egter steeds losserig en moet versigtig hanteer word. Van bladsy 10 af is alles weer stewig.
Daar is vogskade sigbaar op die rand van die eerste klompie bladsye. Dit raak minder sigbaar met elke blad en raak heeltemal weg teen bladsy 50, waarna die res van boek se toestand baie goed is.
Daar is ‘n paar herstelde skeure op die stofomslag
In die Vrystaat is daar 80 dorpe, stede en plekke wat op ‘n tydstip in die Vrystaatse geskiedenis dorpstatus of munisipale erkenning verwerf het. Elkeen van hierdie dorpe, stede en plekke het ‘n ryke ontstaangeskiedenis en ‘n lywige verhaal oor waar die dorp se naam vandaan kom. Hierdie boek handel oor elke Vrystaatse dorp se ontstaangeskiedenis, sy naam en sy storie.
Die algemene wanpersepsie onder baie oningeligtes is dat die Vrystaat plat, vaal en vervelig is. Die teendeel is egter waar, die Vrystaat en sy dorpe is veel meer as ‘n blote bestemming. Dit is ‘n belewenis en ‘n verrykende lewenservaring veral vir die gewillige en avontuurlustige toehoorder. Hierdie boek bestaan uit 5 dele. Die Vrystaatse dorpe word binne hulle onderskeie munisipale grense bespreek en elke munisipaliteit is weer binne sy groter distriksmunisipaliteit ingedeel.