
Die Dieper Dors - 'n Innerlike Gesprek by Koos Kombuis
ISBN: 9780798147330
Publisher: Human & Rousseau, September 2006
Paperback, 192 pages
Die jongste versameling rubrieke en essays van hierdie skrywer volg op die spore van sy vorige versamelings, My mamma is 'n taal en Afrikaans, my darling. Die stukke wissel tussen humor en erns, maar is dikwels ook 'n kombinasie van die twee. Hier het ons weer eens die unieke stem van Koos Kombuis - heerlik oneerbiedig by tye, maar altyd met 'n eerlike mening oor gebeure en dinge. Maar Die dieper dors is ook meer as net 'n bundel rubrieke. Dit is 'n collage van gedagtes, essays, en selfs poesie wat deur hom geskryf is die afgelope drie jaar. In samehang lees dit soos 'n seldsame en uiters ontboesemende gesprek tussen die skrywer en homself; vol humor, patos, en interessante brokkies inligting wat tot dusver streng geheim was.