Magersfontein, O Magersfontein! deur Etienne Leroux

Magersfontein, O Magersfontein! deur Etienne Leroux

  • R 120.00
    Unit price per 
Tax included.


ISBN: 9780798142854

Human & Rousseau, 2003

Softcover,196 pages

In Magersfontein, o Magersfontein! kom ’n film- en televisiespan onderleiding van lord Sudden en lord Seldom op Magersfontein aan om ’n film te maak van die destydse Slag van Magersfontein wat op 11 Desember 1899 hom afgespeel het. Tydens die verfilming is daar ’n onverwagte vloedramp wat die riviere laat oorstroom en van Magersfontein ’n see maak.

Stephen was gefassineer deur die manier waarop twee wêrelde, dié van die Skotte en Engelse aan die een kant en die Boere aan die ander kant mekaar agter die loop van hul gewere gevind het. Nog iets wat vir hom meegevoer laat word het, was die tragkomiese vergissings wat kenmerkend was van die historiese gebeure. Die Boere het gedurende die slag gedink die Skotse Highlanders is ’n klomp volstruise, die Engelse kon ook nie die Boere se loopgrawe uit die lugballon sien nie, omdat almal te naar was van die skommelings, generaal-majoor Andrew Wauchope kon vanweë die reën nie veel in die donker sien nie wat tot sy dood bygedra het en De La Rey was as gevolg van sy seun se dood, glad nie teenwoordig by Magersfontein nie.

Weer was die resensente baie positief oor Magersfontein. Vir André P Brink (Tweede voorlopige rapport, 1980) was dit "’n briljante prestasie, ’n grillige fantasie wat verdiep tot ’n verbysterende visioen" en in Standpunte (Desember 1977) het Tim Huisamen dit as die hoogtepunt van Leroux se oeuvre beskryf.