Die Afrikaanse kortverhaalboek by Abraham H. De Vries

Die Afrikaanse kortverhaalboek by Abraham H. De Vries

  • R 300.00
    Unit price per 
Tax included.


ISBN: 9780798156349

PUBLISHED BY: Human & Rousseau (Pty) Ltd, 28 September 2012

Paperback,  688 pages

Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor 'n tydperk van byna 120 jaar strek, gee 'n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou. Van 'n vorige uitgawe het Roy Pheiffer gese: 'n Mens sou hierdie resensie kon vul met 'n lys name van mense en instansies vir wie jy graag 'n eksemplaar van [hierdie bloemlesing] op die tafel wou sit met die opdrag: lees. En die lys sou die hele spektrum politiek- en taalkundiges en nie-so-kundiges insluit, elke kulturele attache in die buiteland, en 'n klomp onderwysmense, en 'n stel joernaliste, en meer as handevol liewe ooms en tannies wat nog geen benul het van waar ons letterkunde al is nie en verby is nie.