Katryn, Vrou van die Richtersveld by Huisamen, J
Tax included.
ISBN 9780798156462
Publisher: Human & Rousseau 2012
189 pages
Soft Cover
Katryn Jonis staan in die Kaapse Hooggeregshof tereg op aanklag van moord.
Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die halsregter veg vir haar lewe.
Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat, so heilig en so waar as wat net die waarheid kan wees.